Your Recipe Blog

PAMPOEN POFFERTJIES IN KOEKSISTERSTROOP

PAMPOEN POFFERTJIES IN KOEKSISTERSTROOP

  • Beslag:
  • 1 ½ koppie koekmeel
  • 1 koppie gaar pampoen
  • 1 ½ teelepel bakpoeier
  • 2 eiers
  • knippie sout
  • olie vir diep braai
  • Stroop:
  • 2 koppies suiker
  • 3 koppies water

Meng al die bestanddele buiten die olie.  Plaas die olie in ‘n kastrol en verhit.
In ‘n ander kastrol, kook die stroop stadig tot die suiker opgelos is, en hou warm.
Skep teelepelsvol van die pampoenmengsel in die warm diep olie en braai tot mooi bruin, olie moenie te warm wees nie.
Skep uit met ‘n gleuflepel en doop in kokende stroop.
Pak in ‘n opdienskottel.

Resep geplaas en foto: Annelise Engelbrecht

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page