PAMPOENMUFFINS OF -BROODJIE
Het al paar keer muffins gemaak – HEERLIK. Lekseltjie deeg oorgebly toe blits ek dit in mikrogolf vir 1 min op hoog -troosprys terwyl res bak!
Vandag dit in broodjie vorm saam met patat meel gebruik! Sonder patatmeel effe ligter en droër tekstuur. Patatmeel help vir lekker dig dog klam tekstuur.
- 1 ½ koppie koekmeel (het vandag 1 koppie gewone meel en ½ koppie patat meel gebruik – WENNER)
- ½ teelepel bakpoeier
- 1 koppie (ongeveer 250 g) boerpampoen, gekook en fyngedruk
- ½ koppie kookolie
- 2 groot eiers
- 1 ¼ koppie suiker
- ½ teelepel kaneel
- ¼ teelepel gemmer
- ⅛ teelepel fyn naeltjies
- ⅛ teelepel neutmuskaat
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel koeksoda
- Kaneelsuiker:
- 1 eetlepel suiker
- 1 teelepel kaneel (pas aan na smaak)
Sif bakpoeier en meel en al die droë bestanddele saam.
In ‘n ander mengbak meng die nat bestanddele en pampoen.
Voeg die meel- en nat mengsel saam en meng goed maar nie oormeng nie.
Deel in muffin pannetjie in (maak so 12 – 14) of middelslag broodpannetjie.
Meng kaneelsuiker en strooi oor die deegmengsel in die muffin pannetjie.
Muffins bak 20 – 25 min by 180ºC.
Broodjie bak 30 – 40 min by 180ºC.
Resep getoets en aangepas en foto’s: Carmari Fourie Strobos