OUTYDSE TAMELETJIE OF TOFFIE
- ½ koppie botter
- 1 koppie suiker
- 1 koppie stroop
Kook die bestanddele saam in dikboom kastrol vir 8 tot 10 min of tot kraak stadium.
Moenie roer nie, draai net jou pot van tyd tot tyd.
Giet in gesmeerde vlak bak tot koud en hard.
Breek in stukke.
Foto en resep: Lelane van der Walt
Joey Odendaal – TAMELETJIE sonder Water
2 eetlepels goue stroop
2 eetlepels suiker
Kook stadig vir 20 min, voeg dan 5 ml koeksoda by, roer dit redelik vinnig die mengsel skuim.
Keer uit in ‘n gebotterde bak – dit word hard
Sonya Van Der Schyff
Ek smelt gewoonlik so 3 eetlepels margarien saam met so 1 tot 1 ½ koppie suiker tot dit gesmelt het en dan roer ek tot dit ‘n bietjie tot so meduim bruin van kleur is.
Giet in ‘nn bak en laat afkoel. (party keer n eetlepel stroop en n paar vanilje essence druppels ook by)