Your Recipe Blog

OUTYDSE KARRINGMELKBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 50 tot 60 minute

OUTYDSE KARRINGMELKBESKUIT

  • 125 ml suiker
  • 2 eiers
  • 500 ml karringmelk
  • 1 kg bruismeel
  • 2 ml sout
  • 250 g bak margarien

Klits eiers en suiker saam tot lig, voeg karringmelk by en meng.
Sif meel en sout saam en vryf margarien in.
Voeg karringmelk mengsel by meelmengsel en meng goed.
Maak ronde balle deeg (omtrent so groot soos ‘n eier) en pak teen mekaar in gesmeerde broodpan.
of
Druk die die deeg vas in die nuwe tipe beskuitpanne met die drukker by.
Smeer geklitste eier bo-oor.
Bak by 180°C vir ± 50 tot 60 min.
Laat afkoel, sny en droog.
Maak ‘n lekker koppie boeretroos, en daar gaat jy!

Resep en foto:  Lelane van der Walt

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page