OUMA SANKIE SE GESTOLDE APPELRING
- 4 rooiskil appels, gerasper
- 1 eier, geklits
- 1 blik fyn pynappel
- 250 ml geklitste Orley Whip of vars room
- 1½ pak groen jellie
- 100 ml kookwater
- 100 g fyn pekanneut
Warm die pynappel op in die mikrogolfoond, koel af en meng met die geklitste eier.
Los die jellie op in die kookwater.
Meng al die bestanddele goed saam en giet in ‘n voorbereide stol ring.
Stol oornag in die yskas, heerlik!
APPEL STOL SLAAI
- 380 g fyn pynappel
- 1 ½ pak lemmetjie jellie
- 1 koppie kookwater
- 2 koppies rooiskil appels, gerasper met skil
- 125 ml neute (okkerneute/walnuts)
- 2 eiers, geklits
- 350 ml room
Maak die jellie aan met die kookwater, laat afkoel, nie stol nie.
Kook pynappel in stroop vir 5 minute en laat afkoel.
Sit pynappels terug op die stoof teen meduim hitte.
Voeg eiers stadig by.
Roer aanhoudend tot die stroop dik word.
Voeg die afgekoelde jellie by.
Laat weer afkoel maar nie stol nie.
Klop room styf en meng met die res van die bestanddele.
Skep in voorbereide stol vorm en verkoel.
Nota:
Geniet hierdie slaai, dit is heerlik in die warm maande.
Foto en resep: Andre Beth Howell Vogel