ORANJE PATAT- EN BOTTERSKORSIESOP
- 2 jewel (oranje) patats (ongeveer 500 g), geskil
- ½ botterskorsie (ongeveer 250 g), geskil
- 2 uie
- 1 liter groente aftreksel
- ½ koppie geel lensies
- 1 koppie water
- sap van een lemoen
- 100 ml kokosneutmelk
- sout en peper na smaak
- bloukaas, opsioneel of na smaak
Sny die groente op in blokkies en plaas in ‘n pot.
Voeg die groenteaftreksel, water, lemoensap en die lensies by die groente.
Kook die sop in ‘n pot met die deksel op totdat die groente en lensies sag is.
Gebruik ‘n stokmenger of voedselverwerker en verwerk tot fyn.
Voeg kokosneutmelk by.
Geur met sout en peper na smaak.
Strooi bietjie bloukaas oor en bedien met vars brood.
Resep en foto: René Mouton