OONDGEROOSTERDE KLUB BIEFSTUK
Genoeg vir 1 persoon.
- 300 g klub biefstuk
- olyfolie
- sout en gemaalde peper
- mosterd korrels
- gedroogde roosmaryn
- 15 ml botter
- 2 knoffelvingers
Voorverhit die oond op bak en rooster op 220°C.
Braai die knoffel in die botter tot sag en hou eenkant.
Vryf die biefstuk goed in met olyfolie en geur met die mosterd korrels, roosmaryn, sout en gemaalde peper.
Skep die knoffelbotter oor die steak.
Plaas op ‘n gesmeerde oondrak en in die oond vir 8 tot 10 minute.
Indien gaarder verlang laat rooster vir nog 5 minute.
Verwyder, bedek met foelie en laat rus paar minute.
Bedien saam met geroosterde groente en uie ringe.
Resep en foto: Johan Rossouw