ONTBYTNESSIES
- 6 snye brood (eie keuse)
- 3 eiers geklits
- ± 100 ml melk
- Russianworsies, skyfies gesny of kouevleis van keuse
- skywe kaas van eie keuse
- Aromat
- sout, suurlemoen- en kruiepeper of speserye van keuse
- gerasperde kaas
Smeer 6 holtes van ‘n kolwyntjiepan. Sny die broodkorsies af en rol die snytjies plat. Voer die kolwyntjieholtes versigtig uit met die brood dat die punte na bo uitstaan.
Plaas ‘n skyfie kaas op die bodem van elke holte op die brood.
Strooi liggies met Aromat. Pak die skyfies wors of kouevleis op die kaasskywe.
Klits die eier en melk saam met die kruie en speserye van jou keuse, skep die eiermengsel oor die worsies/kouevleis. Verdeel die mengsel tussen die 6 gaatjies.
Strooi gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 180 ºC totdat eiervla gestol het en kaas goudbruin is.
Verwyder versigtig uit die pan en dien op.
Resep en foto’s: Elma Brittz-Venter