ONGESUURDE PLATBROOD
Dit is die maklikste deeg denkbaar om te maak. Dit kry nie gis nie en word sommer in die voedselverwerker gemaak.
- 160 ml yswater
- 60 ml olyfolie
- 2 koppies koekmeel
- knypie sout
- olyfolie vir oor verf
Voorverhit oond tot 230ºC.
Smeer ‘n groot bakplaat en bestuif met koekmeel.
Meng die water en olyfolie in ‘n maatbeker.
Plaas die koekmeel en sout in die voedselverwerker en skakel die masjien aan.
Voeg die water en olie stadig deur die tuit terwyl verwerker draai.
Meng totdat ‘n stywe deegbal vorm, ongeveer 5 minute.
Laat die deeg vir 15 minute rus.
Verdeel die deeg in 8 tot 10 balletjies en rol die deegballetjies so dun as wat jy kan, op ‘n meelbestrooide oppervlak uit.
Plaas die uitgerolde deeg op die voorbereide bakplaat en verf die deeg met olyfolie.
Sprinkel die geur van eie keuse oor die geverfde deeg en bak die deeg vir 5 – 8 minute in die voorverhitte oond tot gaar en daar ‘n paar bruin vlekke en blase bo-op vorm.
Nota:
Ek het gekapte vars roosmaryn en maldon sout oorgestrooi voordat ek dit gebak het. Ons het dit saam met verskeie kase, geroosterde eiervrug, uie marmelade, geroosterde pepers en heel konfyt ge-eet.
Aberndt:
I made this tonight. It was really easy and turned out very well. I’ve added parmesan cheese on some, rock salt on another and Ina Paarman’s Garlic and Herb salt on others. These were the best ones. The topping makes them. Without it, they would not taste of much (which is hardly surprising as it is only flour and water).
Resep en foto 1: Martie Fourie Moolman
Foto 2: Samantha Murphy