“OMELET” SKONS
Al ooit gewonder hoekom jy daai Omelette Maker gekoop het want jy gebruik hom nooit nie.
Hier is die antwoord:
- 2 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- knypie sout
- 300 ml melk
- 4 eetlepels olie
- 2 eiers, geklits
- 1 ½ koppies gerasperde kaas
- 1 teelepel fyn knoffel
- 2 eetlepels gaar maalvleis, opsioneel
- 1 fyn gesnyde ui
Skakel omelet maker aan sodat hy lekker warm kan word.
Sif droë bestanddele saam. Klits eiers, olie, knoffel en melk saam. Voeg al die ander bestanddele by meel mengsel, meng geklitste eier by en roer goed deur.
Skep 2 eetlepels vol van die deeg in elke holte van die omelet maker, maak toe en laat gaar en bruin word.
Haal uit, strooi gerasperde kaas bo-oor, bedek sodat kaas kan smelt.
(Ek het chutney sprinkle ook op gestrooi)
Sny oop, plaas konfyt / kaas / marmite of net wat jy verkies bo-op en geniet.
Nota:
Jy kan selfs hamburgertjies maak met dit.
Enige iets kan in beslag gesit word bv. ham, spek, peppadew, sprietuie ens. ‘n mens kan lekker rondspeel.
Beslag maak 12 skons
Resep en foto: Hettie Stoltz