Your Recipe Blog

OLIE BOLLE OF RINGE

OLIE BOLLE OF RINGE

Leker deeg om te maak in jou brood masjien of as jy weet jy kan knie.

  • 125 ml kookolie
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 teelepel sout
  • 3 koppies koekmeel
  • 1 koppie gesuiwerde osoonverrykte water
  • 1 hele 7 g gis (anker pers )
  • olie, vir diep braai
  • strooisuiker, om oor te sprinkel

Meng eers al die nat bestanddele. Meng dan die droë bestanddele en voeg by die nat bestanddele. Maak dan ‘n holte en begrawe die gis daarin.

Stel jou broodmasjien op deeg so een en ‘n half uur meng en rys.
Haal die deeg uit en knie af. Maak nou ‘n lang rol van die deeg en sny in skywe van so 2 cm dik.

Maak olie warm. Maak ‘n gaatjie in die middle van elke skyf om ‘n ring te vorm. Bak in warm olie tot gaar. Neem warm olie bol en besprinkel goed met strooisuiker en geniet.

Nota:
Kan ook balle rol en dan die balle in die strooisuiker rol. Maak ‘n gat in die middel en vul die gat met konfyt.
Of soos die Holanders dit doen: neem deeg, voeg korente by, rol balle en bak, rol in strooisuiker en geniet met tee.

Resep en foto: Amelia Amy Loggenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page