Your Recipe Blog

OESTER- EN SAMPIOENTERT

Recipe by
Cook: 45 - 45 min

OESTER- EN SAMPIOENTERT

Ek het hierdie Oester- en Sampioentert seker omtrent 30+ jaar terug by ‘n vriendin afgeskryf. Nog nooit voorheen gemaak nie.
Omrede die mates en gewigte van soveel produkte intussen kleiner en of minder geword het moes ek noodgedwonge aanpassings maak. Het ook bietjie suurlemoensap bygesit.
Dit was baie lekker! Ek sal volgende keer die resep halveer. Ons is net twee siele en dit was te veel.
  • Kors:
  • 2 (100 g) pakkies kaasbeskuitjies, fyn gemaak
  • 100 g botter, meng met beskuitjies en druk uit in ‘n oondbak
  • Vulsel:
  • 1 medium ui, fyngekap
  • 1 knoffel huisie, fyngekap
  • 200 g vars knopiesampioene, skyfies gesny
  • bietjie olie
  • 3 85 g blikkies gerookte oesters, gedreineer
  • 50 ml pietersielie
  • 200 ml melk
  • 30 ml mielieblom, gemeng met bietjie van melk hierbo
  • 1 blikkie (405 g) sampioenroomsop
  • gemaalde swart peper
  • sout na smaak
  • 15 ml suurlemoensap
  • 6 eiers

Soteer uie, knoffel en sampioene.
Klits eiers met melk en mielieblom en voeg sop by.
Voeg bymekaar en voeg res van bestanddele by.
Skep alles in bak met kors.
Bak 40 – 45 minute by 180°C.

Nota:
Ek het myne in vierkantige bak gebak, sal volgende keer eerder langer bak gebruik. Langer geneem om in middel gaar te word.

Resep en foto:  Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page