NICOLAAS SE FYN TURKSVY KONFYT
- 500 g afgeskilde turksvye
- 188 g suiker
- 360 ml water
- suurlemoensap van ¼ suurlemoen
- knippie sout
- gekneusde gemmer
Skil die turksvye dun met ‘n skiller sodat die vleis gedeelte nog om die pit is.
Kerf nou die vrugte in stukkies.
Plaas die water en vrugte in die kastrol en kook 15 minute lank in ‘n toe pot.
Voeg die suiker by en laat stadig smelt, moet nie kook voor die suiker alles gesmelt het nie.
Roer met ‘n houtlepel.
Wanneer gereed voeg die suurlemoensap by asook sout en gekneusde gemmer.
Kook nou tot die vrugte deur gekonfyt is en die vrugte deursigtig is.
Bottel in warm gesteriliseerde bottels en seel wanneer koud.
PRICKLY PEAR JAM
- 500 g peeled prickly pears
- 188 g sugar
- 360 ml water
- juice of ¼ lemon
- pinch of salt
- crushed ginger
Cut the peeled fruit into small pieces.
Place fruit and water into saucepan and cook for 15 minutes in closed saucepan.
Remove from heat and add the sugar gradually.
Add lemon juice, salt and crushed ginger.
Sugar must be dissolved before jam starts to cook again.
Bring to boil again and boil till syrup is thick and fruit pieces are clear.
Bottle while hot using sterilised jars and seal when cold.
Foto en resep: Nicolaas Marthinus Swanepoel