NARTJIE- EN GRANADILLASAP
- 1 liter vars nartjiesap
- 6 koppies suiker
- 6 koppies water
- 500 g granadilla
- 3 teelepels sitroensuur
- nartjies se gerasperde skil
Plaas die suiker en water in ‘n kastrol en verhit stadig tot die suiker opgelos is.
Roer die res van die bestanddele by die mengsel, kook deur en bottel in gesteriliseerde bottels.
Nota:
Ek gaan myne in die koelkas bêre.
As ek dit gaan aanmaak sal ek die sap 50/50 meng saam met sodawater of selfs lemonade en ys.
Ek gaan dit beslis saam met “jinewer” ook probeer.
Resep en foto: Gideon Louw