NADIA SE RUNEBERG KOLWYNTJIES
Spesiaal vars gebak vanuit hier in Finland. Volgende week is dit die 5de Februarie dan is dit Runebergs dag hier. Ek sien op die webtuiste is daar al klaar ‘n resep, maar hierdie een het ander bestanddele in. Runeberg was ‘n digter hier in Finland. Hy het die sweedse weergawe van Finland se nationale lied geskryf. My man is mal oor die koek, so toe besluit ek om dit self te probeer bak.
Runebergs Tårta (Runeberg Kolwyntjies)
- 2 koppies koekmeel
- 1 koppie gemmerkoekies, gekrummel
- ¾ koppie amandels, fyn gekap
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- 1 teelepel sout
- 2 teelepels lemoen zest
- 1 teelepel kardamom, fyn
- 1 teelepel amandel ekstrak
- 1 koppie botter
- ½ koppie suiker
- 1 koppie donker bruinsuiker
- 2 eetlepels molasses
- 3 eiers, kamertemperatuur
- ½ koppie melk
- ½ koppie lemoensap
Meng die meel, gemmerkoekies, amandels, bakpoeier, koeksoda, sout, lemoen zest en kardamom saam.
In ‘n aparte bak meng die melk, lemoensap en amandel ekstrak saam.
In ‘n ander bak room die botter, witsuiker en bruinsuiker saam vir so 4 – 5 min.
Voeg die molasses by en dan die eiers, een vir een tot goed gemeng.
Voeg dan die droë- en die nat bestanddele geleidelik by die botter mengsel. Bv. droog, nat, droog, nat…
Bak vir 25 – 35 min by 180ºC.
- Stroop:
- 1 koppie suiker
- ½ koppie water
- Rum na smaak
Plaas al die stroop bestanddele in ‘n sous potjie en smelt die suiker.
Wanneer die kolwyntjies uitkom, steek gatjies in en skep van die stroop oor.
- Versiering:
- raspberry konfyt
- ½ koppie versiersuiker
- ½ eetlepel melk (ek moes ‘n klein bietjie meer melk insit)
- ¼ teelepel amandel ekstrak
Meng die versiersuiker, melk en amandel ekstrak tot ‘n dik versiersel vorm.
Gebruik dadelik. Sit dit in ‘n sakkie om uit te “pipe”.
Sny ‘n klein gaatjie in elke kolwyntjie en skep meer stroop bo-oor.
Skep dan so bietjie konfyt in elke gaatjie.
“Pipe” dan van die versiersel rondom die konfyt.
Ingestuur en foto: Nadia Thölix