Your Recipe Blog

MURGPAMPOENTERT (MARROW)

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

MURGPAMPOENTERT (MARROW)

Terugvoer oor my navrae so paar dae gelede oor die ‘marrow’ soos op die foto. Baie lekker bygereg.
  • 4 koppies gerasperde “marrow”, rou
  • 1 koppie koekmeel
  • 4 eiers, geklits
  • 60 ml gesmelte margarien
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 1 koppie suiker
  • sout en peper na smaak

Meng suiker, vanilla en margarien saam, voeg eiers by en meng deur.
Voeg droë bestanddele by en laastens die “marrow”.
Meng alles goed deur.
Skep in gesmeerde bak en bak ongeveer 45 min by 180°C of tot gaar.

Nota:
Gereg rys nie baie so gebruik bak volgens hoeveelheid.
(ONS NET 2 PERSONE, DUS HET EK HOEVEELHEID NET ¼ GEMAAK)
As ek nou na foto’s kyk, kan ‘n groen kruie daarin ook werk… pietersielie/basil.

Resep en foto:  Annetjie van Huyssteen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page