MURGBENE IN DIE OOND
Ek’t vir my die “oudurfie” gemaak met murgbene. Bly maar lekker vir my.
- 8 murgbeen stukke
- olyfolie
- rissievlokkies
- paprika
- sout en peper
- broodrolletjies
- Tabasco sous, opsioneel
Plaas die murgbene in ‘n bakplaat en sprinkel die olyfolie, rissievlokkies, paprika, sout en peper oor die murgbene en bedek dit met foelie.
Bak die murgbene in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir 20 minute.
Sny 1 – 2 ronde rolletjies in die helfde deur en maak ‘n gaatjie in die middel van een helfde, deur van die sagte brood uit te sny.
Plaas die rolletjies in die oond en rooster dit tot lekker bros.
Plaas een van die bene in die gat van 1 rolletjie en skep die murg van die res van die bene uit en plaas dit rondom en langs die rolletjie.
Hou maar nog ‘n ekstra gebraaide rolletjie byderhand.
Jy kan ook ‘n bietjie Tobasco sous oorsprinkel indien verkies.
Eet die murg bietjie vir bietjie saam met ‘n happie van die rolletjie. Hmmmmmm.
Foto 2 nota: Brenda Matthews Murphy
This is a lovely photo of real food, when I’m finished roasting the bones, I take out most of the marrow, then put the bones, onions, leeks, carrots and sweet potatoes into the slow cooker, add water and cook for 24 hours, it makes the best bone broth.
Foto 3 nota:
Ek het hierdie bees murgbeen met nog baie skrapnel vleis aan, laat saag. Ek geur dit met sout en peper na smaak, asook ‘n bietjie pietersielie en rissievlokkies. Dis oond toe vir ‘n halfuur op 200°C. Toe dit uitkom het ek ‘n bietjie Sriracha sous opgesit.
Sjoe – daai stukkies vleis aan die been en daai murg wat ek moes uitkrap was heeerlik!
Geil en ongesond, maaaar leeeeekkkerrrr!
‘n Mens lewe tog net eeeenkeer en dan is jy dood vir ‘n baie laaaaang tyd…
Resep en fotos: Gideon Louw