Your Recipe Blog

MOUSSAKA

Recipe by
Cook: 60 minute

MOUSSAKA

“Moussaka is ‘n gereg wat baie maklik low carb kan wees – maar ook heerlik is as jy nie low carb nie. Hierdie is my aangepaste, lae koolhidraat moussaka, met ‘n vinnige “witsous” wat sal werk vir lasagne, of enige gebak (ek het die resep by die Pioneer Woman raakgeloop). Die vleissous is Rick Stein se resep. Dit is fantasties as jy min tyd het (of nie lus is nie!) om ‘n witsous te maak. Baie baie lekker.”

  • 1 ui, gekap
  • 1 kg bees- of skaapmaalvleis
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 50 ml droë rooiwyn
  • 1½ teelepels droë oreganum
  • 1½ teelepels kaneel
  • 1 blik gekapte tamaties
  • sout en peper, na smaak
  • 2 eiervrugte, in 1 cm skywe gesny
  • olie (olyfolie is eerste prys)
  • Witsous:
  • 2 houers growwe maaskaas, ongegeur
  • 1 eier
  • 200 ml suurroom
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • 1 koppie gerasperde Mozzarella en/of Parmesan, en ekstra vir bo-oor strooi

Braai ui in bietjie olie tot deurskynend. Voeg knoffelhuisies en vleis by, en braai totdat vleis gaar is. Voeg wyn, speserye, tamaties, sout en peper by en prut 30 – 40 minute totdat omtrent al die vog weggekook het.
Plaas skywe eiervrug op ‘n bakplaat, strooi olie, sout en peper bo-oor, en rooster in oond by 220 °C vir ontrent 20 minute tot goudbruin.
Meng die maaskaas, eier, suurroom en kase in ‘n mengbak saam.

Bou die moussaka – Pak lae soos volg:
½ van vleis onder in ‘n oondbak, ½ van die eiervrug, ½ van kaasmengsel, dan oorblywende vleis, eiervrug en eindig met oorblywende kaasmengsel.
Sprinkel ekstra kaas bo-oor, en bak 40 minute by 180 °C tot goudbruin.
Laat afkoel, en bedien met ‘n groenslaai.

Nota:
Of jy dit moussaka of keto lasagne noem… dis basies omtrent dieselfde ding! En as jy nie eiervrug het nie, sal geroosterde skywe baby marrow, marrow of selfs geroosterde pampoen of kool ook uitstekend hierin werk. En die resep maak ‘n bak vol kos. Keto/low carb en diabeet vriendelik… en baie, baie lekker!

Resep en foto’s: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page