Your Recipe Blog

MOSTERD BLOMKOOL

Recipe by
Cook: 30 - 45 minute

MOSTERD BLOMKOOL

  • 1 heel blomkoolkop
  • 1 knoffelhuisie, gehalveer
  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml Dijon-mosterd
  • 10 ml gemengde kruie
  • Kosher sout en varsgemaalde swartpeper
  • suurlemoen wiggies vir bediening

Voorverhit die oond tot 180°C.
Verwyder die blare van die blomkool en sny die stam gelyk met die onderkant van die kop, sodat die blomkool plat op die bakplaat geplaas kan word. Vryf die buitekant van die blomkoolkop met die gesnyde knoffel.
Meng die olie, mosterd, gemengde kruie, sout en gemaalde swartpeper in ‘n klein bakkie saam.
Vryf die hele blomkool met die mosterd-olie-mengsel.
Plaas die blomkool op ‘n bakplaat of oondbak, uitgevoer met bakpapier.
Rooster die blomkool vir ongeveer 30 – 45 minute tot dit mooi verkleur en “al-dentè” gaar is of verlangde gaarheid soos verkies. (toets met ‘n sosatiestokkie in die middel van die blomkool of dit maklik deurgaan)
Verwyder die blomkool uit die oond en laat rus vir ‘n paar minute.
Sny die blomkool in dik wiggies en bedien met suurlemoen wiggies.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page