Your Recipe Blog

MOSSELPASTA

MOSSELPASTA

Ek het geen idee gehad wat om te maak vir aandete nie en het maar gekyk wat in die koskas is wat ek kan saamgooi.

  • 250 g sampioene, opgekerf
  • 3 knoffelhuisies, opgekap
  • 2 eetlepels botter
  • 2 x 85 g blikkies gerookte mossels
  • 25 g visaftreksel (gekonsentreerde pakkies)
  • 125 ml room
  • 250 g pasta
  • 400 g tamatiepuree
  • 4 teelepels suiker
  • sout en peper na smaak

Braai die sampioene en knoffel in botter tot gaar.
Voeg die gerookte mossels, visaftreksel, sout en peper (na smaak) by.
Prut vir ‘n paar minute.
Voeg die room by nadat alles deurgaar is.
Kook die pasta in ‘n aparte pot tot gaar.
Dreineer die gaar pasta en plaas terug in die pot op die stoof.
Voeg die tamatiepuree, suiker, sout en peper na smaak by die pasta en braai vinnig vir ‘n paar minute sodat die pasta deurwarm is.
Bedien die mosselsous apart op die pasta.

Resep en foto: Veruschka Pelser-Carstens

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5