Your Recipe Blog

MONKEY GLAND STEAKSOUS

MONKEY GLAND STEAKSOUS

Die Afrikaanse naam vir hierdie klassieke sous is ‘Kruiderysous’.

“My vroulief het haarself vanaand oortref met die maak van dié heerlike monkey gland steaksous. Ek het vir ons sirloin steak gebraai op skerp kole tot medium rare en plankie steaks op ‘n plankie bedien saam met ‘n groeeeeen slaaitjie en saam met daai djeeerlike monkey gland sous asook vroulief se heeerlike slaptjips. Dit was djeeeeeeeeerlik!”

  • 2 teelepels olyfolie
  • 1 mediumgroot ui, fyn gekerf
  • 2 huisies knoffel, gekerf
  • 2 ryp tamaties, fyngesny
  • 1 koppie blatjang
  • 4 teelepels tamatiepasta
  • 3 teelepels Worcestershiresous
  • 2 teelepels rooiwynasyn
  • 1 teelepel tobacco-sous
  • sout en gemaalde swartpeper, na smaak

Verhit olie en braai uie en knoffel tot deurskynend.
Voeg tamatiepasta en tamaties by en bring tot kookpunt.
Voeg res van bestanddele by en prut vir ‘n halfuur tot sous dik is.

Resep en fotos: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page