MOERBY (MOER NET BY) POEDING
- kitspoeding (enige geur) aangemaak volgens instruksies
- Mariebeskuitjies
Plaas die beskuitjies in ‘n skoon, droë vleissakkie en rol die koekies fyn tot krummels met ‘n koekroller.
Plaas ‘n bietjie van die koekiekrummels onder in ‘n tertbak of in mooi nagereg glasies.
Skep ‘n laag aangemaakte kitspoeding op die krummels en herhaal die lae tot die bak of glasies vol is.
Notas:
Indien jy ‘n meer elegante nagereg wil maak, berei die nagereg in glasies en plaas sjokolade bolle of wafer stokkies bo-op die poeding om dit mooi af te rond.
Jy kan ook meer as een geur kitspoeding gebruik om die lagies te vorm, indien jy dit kleurvol wil maak.
Ek berei die poeding al vroeg oggend, sonder die bolle en stokkies. Bedek dit met kleefplastiek en hou in yskas en voeg die garnering op die poeding net voor opdiening.
Jy kan ook vonkelwynglase gebruik.
Geniet!
Resep en foto: Karen van der Burgh