MIKROGOLF WITSOUS
Probeer die witsous en jy sal dit altyd weer maak.
- 250 ml melk
- 30 ml koekmeel
- 25 ml margarien of botter
- 1 ml sout en ‘n knypie peper
- Opsioneel – kaassous
- gerasperde kaas
Sit al die bestanddele in ‘n 750 ml mikrogolf bak, moenie roer nie. Sit in die mikrogolf op 100% krag, stel op 1 minuut.
Klits goed eers na eerste minuut en daarna goed na elke minuut (4 minute in totaal) sonder deksel.
Klits tot lekker glad en gebruik.
Opsioneel:
Indien verkies kan daar teen die laaste minuut gerasperde kaas bygevoeg word vir ‘n kaassous.
Meng net goed deur en bedien.
Resep: Ina Stumke
Fotos: Iandra Christien Maré