MIKROGOLF KRUMMELPAP MET DROë MIELIEMEEL
Krummelpap (mikrogolf, dis fantasties vinnig, my eerste probeerslag en nie die laaste) en sous, Karan se Porterhouse steak (heerlik sappig), vark rashers en boerewors. Net betyds klaar gebraai voor dit begin reën het😁 Midrand
- 1 koppie droë mieliemeel
- 1 teelepel sout
- 1 koppie kookwater
Meng die mieliemeel en sout in ‘n glasbak wat ‘n deksel het. Kook op hoog sonder die deksel vir so 4 minute terwyl jy elke minuut die droë mieliemeel met ‘n vurk roer.
Giet die kookwater by die baie warm mieliemeel (dit borrel sommer, so wees versigtig) en roer deur met die vurk. Sit die glasdeksel op en kook vir 4 minute terwyl dit elke minuut met die vurk geroer word. Dit kan bietjie langer kook (ek het, want ek het 3 koppies mieliemeel met 3 koppies kookwater gedoen).
Onthou krummelpap vries perfek in ‘n plastieksakkie as jy te veel gemaak het. Wanneer jy dit later opwarm na gevries, dan is dit lieflik los en krummelrig.
Resep en foto 1: Elsabie Templeton
Foto 2: Johan Naude – Ek het die mikrogolf droë meel krummelpap probeer en dit was absoluut ‘n wenner en so vinnig en smaaklik.
Wow!!! Dit is vinning, maklik en heerlik.