MIELIE EN BOELIEBEEF ONTBYTKOEKIES
- 1 blik Rhodes roomsoort mielies
- 1 blik Bull Brand boeliebief
- 4 medium eiers
- sout en peper, na smaak
- 1 klein ui of sprietuie, fyn opgekap
- ± ¾ koppie koekmeel
- olie vir vlakbraai
Klits die eiers en voeg die sout, peper en res van bestanddele behalwe die meel by.
Sif die meel by en roer mooi deur. Effense stywe beslag, nie te styf nie.
Verhit olie in ‘n diep pan en skep lepelsvol deeg in die warm olie (ek het’ n kleinerige opskeplepel gebruik en daar was net genoeg olie in die pan om die koekies amper te bedek).
Bak oor matige hitte tot goudbruin aan weerskante.
Nota:
Boeliebief kan ook met gaar spekstukkies vervang word.
Resep en foto – Christelle van Rooyen