MEYER SE MAAS KOEKSISTERS
45 min begin tot einde
- Deeg:
- 1 koppie maas
- 2 koppies bruismeel
- olie vir gaarmaak
- Stroop (maak vorige dag en vries oornag)
- 1000 ml water
- 1000 ml bruinsuiker
- 1 teelepel fyn gemmer
- 1 teelepel all spice
- 3 kardamompeule, oopgebreek
- 1 teelepel kremetart
- 50 ml suurlemoensap
Kook al die stroop bestanddele saam vir so 10 min, laat afkoel en sit oornag in vrieskas.
Haal stroop vroegtydig uit om effens te ontdooi, klits met ‘n vurk tot “slushy”.
Meng deeg bestanddele deeglik, rol dun genoeg op gemeelde oppervlak uit.
Sny stroke so breed en lank soos jy verkies, verdeel in drie repe en vleg.
Diepbraai sisters in warm olie en draai gereeld tot gaar en bruin.
Skep sisters uit en doop dadelik in slushy-suiker-stroop vir 10 – 15 sekondes.
Koel af op oondrakkie bo-oor skinkbord, verpak sit berg in die yskas.
Nota:
Hierdie koeksisters is nie hard, crispy en stroperig nie, maar heerlik sag, buigbaar en (redelik) droog.
Daar bly baie stroop oor, wat ek terug gesit het in die vrieskas, reg vir die volgende probeerslag.
Die 3 koeksisters by die vurkie was ‘n waagstuk wat ek gaargemaak het in die air fryer op 160°C vir 15 min. Dis hard en crispy soos ‘n stokbrood met stroop op. (Dis veral geskik vir jou hoogdrawende vriendin met die stywe lippies.
Terugvoer: dié koeksisters is lekkerder die volgende dag, nadat dit oornag in die yskas was.
Resep en foto: Meyer Combrinck