Your Recipe Blog

MEXIKAANSE HOENDERFILLET

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4

MEXIKAANSE HOENDERFILLET

  • 4 groot hoenderfillette, oopgesny (kap bietjie indien die filette te dik is))
  • Blixem Garlic Chilli (dikkerig is meer soos ‘n “paste” as ‘n sous. Vervang met sweet chilli sous as jy nie van brand hou nie)
  • 1 medium grootte groen soetrissie, in dun skywe gesny
  • 2 wit uie in ringe gesny (ek het paar klein uitjies gebruik)
  • 3 medium groote tamaties, vel verwyder en stukkies gesny
  • 1 pak 150 g Dorito’s chips fyn gemaak
  • ongeveer 2 koppies mozarella en cheddar kaas gemeng
  • paar takkies vars pietersielie

Verhit oond tot 180ºC.    Braai die borsies paar minute aan elke kant in ‘n pan op die stoof.    Pak dit  op ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Smeer blixem sous op na smaak.  Meng die uie, tamaties en soetrissie en skep op die hoender.   Bak vir so 15 minute in oond tot alles redelik gaar is.  Plaas laaste paar minute die dorito’s op, sny pietersielie fyn bo-oor en bedek goed met die gerasperde kaas.  Plaas onder oondrooster tot kaas mooi gesmelt het.
Pasop dit brand vinnig.
Bedien met vars broodrolletjies en botter.

Resep geplaas deur Christelle van Rooyen
Foto:  Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page