Your Recipe Blog

MERINGUEKOEK MET SKILFERKORSLAE

MERINGUEKOEK MET SKILFERKORSLAE

Ek het onlangs langs ‘n baie oulike “tannie” in die hospitaal gelê wat self lief is vir bak. Sy het op haar dae hierdie koek vir ‘n tuisnywerheid gebak en was so gaaf om haar resep vir my te gee en het verder aan my verduidelik hoe sy te werk gaan. Ek deel graag die resep met julle!

  • Meringue:
  • 6 eierwitte
  • ¾ teelepel sout
  • ¾ teelepel karamelgeursel
  • 1 ½ koppie suiker
  • 3 eetlepels Maizena
  • Deeg:
  • 1 rol koue skilferkorsdeeg (nie gevries nie, net yskas koud)
  • Vulsel:
  • 2 houers vars koue room, styfgeklits
  • 2 blikkies karamelkondensmelk
  • 1 Peppermint Crisp sjokolade, verkrummel

Plaas die eierwitte, sout, geursel, suiker en Maizina in ‘n glas- of vlekvryestaalmengbak en klits al die bestanddele goed saam tot baie styf.
Trek 3 sirkels so groot soos ‘n koekpan se bodem op bakpapier met ‘n potlood en plaas die sirkels op ‘n bakplaat.
Deel die meringue in 3 en skep dit op die sirkels. Maak gelyk dat dit oral ewe dik is.
Bak die meringue in ‘n voorverhitte oond by 100ºC vir ongeveer 4 ure, draai die oond af en los die meringues oornag in die oond (doen hierdie stap die vorige dag).
Rol die blaardeeg effens uit (moenie rek nie) en trek 2 sirkels, dieselfde grootte as die meringue op die deeg en sny uit. Prik die sirkels met ‘n vurk ‘n paar keer.
Plaas die uitgsnyde deegsirkels op ‘n voorbereide bakplaat en bak in ‘n voorverhitte oond teen 200ºC vir 20 minute of tot goudbruin en gaar.
Verwyder die sirkels uit die oond en laat afkoel.
Plaas die karamelkondensmelk in ‘n bak en roer tot glad en smeerbaar.
Neem die 3 sirkels meringue en verdeel die karamelkondensmelk op die meringuesirkels, smeer die kondensmelk gelyk.
Plaas 1 laag skilferkorsdeeg bo-op die 1ste gesmeerde meringue en smeer die styfgeklitsde room op die deegsirkel.
Herhaal die volgende laag gesmeerde meringue, deegsirkel en room.
Eindig met die 3de meringue bo-op die room, smeer die laaste room oor die kondensmelk en sprinkel die sjokolade bo-oor die room.

Nota:
Die koek vries ook baie lekker in ‘n lugdigte houer.

Resep getoets en foto: Elsa Van Kradenburg Fourie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page