MERINGUE VLAKOEK
Hierdie koek is so makik!! Lyk ingewikkeld as jy die resep lees. Ek het die resep in ons familie resepteboek gekry maar daar was geen suiker by nie….toe ek hom op die blad soek kry ek hom sowaar! 🙂
Sandy Cooper – Thank you I made this cake it was out of this world!
- Beslag:
- 115 g (125 ml) botter/margarien
- 100 g (125 ml) strooisuiker
- 3 ekstra groot eiers, geskei
- 2 ml vanilla
- 140 g (250 ml) koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 60 ml melk
- 160 g (200 ml) witsuiker
- sprinkelneute
- Vulsel:
- 25 g (50 ml) vlapoeier
- 250 ml melk
- 250 ml room
- 100 g (125 ml) witsuiker
- 1 ekstra groot eier
- knypie sout
Voorverhit oond tot 180ºC.
Smeer, of bespuit met kleefwerende kossproei twee laagkoekpanne van 20 cm in deursnee.
Bedek die boom van elke pan met ‘n sirkel waspapier.
Verroom die botter en strooisuiker saam.
Voeg die eiergele een vir een by en klop goed na elke byvoeging.
Voeg die vanilla by en meng.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Roer die gesifte bestanddele en melk beurtelings by die eiergeelmengsel en begin en eindig met gesifte bestanddele.
Skep die beslag in die twee panne en maak dit gelyk.
Klits die eierwitte tot skuimerig. Klits die suiker geleidelik by en klits totdat ‘n dik, glansende meringue gevorm het.
Skep lepelsvol meringue op die beslag (moenie dit gelyk maak nie) en strooi sprinkelneute bo-oor.
Bak die koeklae 20 tot 25 minute tot gaar en effens bruin.
Laat hulle ‘n rukkie in die panne afkoel.
Sny die kant los, indien nodig en keer hulle versigtig uit – probeer om die meringue nie te veel te breek nie.
Verwyder die waspapier en laat die koeklae op ‘n draadrak heeltemal afkoel.
Vulsel:
Meng die vlapoeier met die helfte van die melk tot glad.
Verhit die res van die melk saam met die room en suiker tot kookpunt.
Klits die vlamelk, eier en sout saam en klits ‘n klompie van die kookmelkmengsel geleidelik hierby.
Roer die vlamengsel by die oorblywende kookmelkmengsel en roer-kook oor matige hitte tot dik – oppas vir aanbrand.
Bedek die gaar vla met nat waspapier – dit voorkom ‘n vel bo-op – en laat dit afkoel.
Net voor opdiening: Keer een koeklaag op ‘n opdienbord om sodat die meringurlaag onder is.
Skep die koue vlavulsel daarop. Plaas die tweede koeklaag liggies bo-op en sit voor.
Lekker eet!
Foto : Retha Collett
Lyk asemrowend !!!
Kan room met melk vervang word?
Christel as dit die room in die vulsel is waarvan jy praat, ja ek glo jy sal kan, gebruik volroom melk en sit ook ‘n stukkie botter in die melk, jou vulsel gaan net minder romerig wees. Hoop dit kom heerlik.
Hi Christel ek het dit op die groep ook geantwoord, as jy verwys na die room in die vlamengsel, ja jy kan, dit gaan net mider romerig wees, sit ‘n eetlepel botter by jou melk, dit help altyd.
I wish I could send this to WhatsApp. Easier to get to and bake whenever I want to
Hi Sandra you can, just copy the the link of the recipe and open a file on your cell phone and paste the link in there, and voila…
You can also save the link of the blog on your home screen on the cellphone and each recipe has a favourite button, mark it as favourite and then you can just open your favourites and it is there… Hope that helps.
Yummy