Your Recipe Blog

MELKBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes

MELKBROOD

Ons het toe weer die melkbrood gebak en die keer het dit nie platgeval nie. Ons het dit nie oor die rand laat rys nie en die oond op 200 ºC gesit en toe na 180 ºC toe ons dit insit, super lekker. Baie mooi gerys.

  • 1 kg broodmeel
  • 5 ml suiker
  • 5 ml sout
  • 800 ml lou melk
  • 1 pakkie gis

Voorverhit die oond tot op 200 ºC.
Meng die gis in die lou melk in.
Meng die meel, sout, suiker, en melkmengsel en knie.
Laat rys in bak tot verdubbel. Knie af.
Laat rys weer tot verdubbel.  Knie af.
Sit in broodpan en laat rys tot die pan net vol is. Sit die broof in die warm oond en draai die hitte laer.
Bak in 180 ºC oond vir 1 uur of tot gaar, die brood sal hol klink as jy daarop klop.

Resep en foto: Susan Kruger

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page