Your Recipe Blog

MELK MAYONNAISE

Recipe by
| Servings: 300 ml

MELK MAYONNAISE

Ek het ‘n video gesien hoe om mayonnaise met melk te maak en besluit om dit vir julle te toets. Dit is perfek vir mense wat gril of allergies is vir rou eiers in mayonnaise.

  • 125 ml melk (ek het volroom gebruik)
  • 250 ml olie (ek het sonneblomolie gebruik)
  • 2.5 ml sout
  • 2.5 ml vars gemaalde swartpeper
  • 2.5 ml suiker
  • 15 ml aangemaakte mosterd
  • 15 ml suurlemoensap

Gebruik ‘n staafmenger (“stick blender”) en’ n lang dun houer wat saam met dit kom of ‘n versapper (“blender/liquidizer).
Voeg die melk en die helfte van die olie asook al die ander bestanddele in die houer.
Meng vir so 10 – 20 sekondes tot romerig.
Voeg nou die res van die olie bietjies-bietjies by totdat die mayonnaise dik en romerig is. Dit moet dik genoeg wees om vorm te hou.
Gebruik net so of voeg knoffel, rissies of vars kruie by vir verskillende geure.

Resep getoets en foto: Bernadene Prinsloo
2de foto:  Nicolette Papas
Gedink ek sal gou met julle deel. Ek het nou ook uit vars melk uit gehardloop. Toe maak ek die mayonnaise vir vanaand se ete met Nespré melkpoeier. Die melkpoeier het ek daem altyd in my kamp kombuis. Dit was heerlik en perfek gewerk.

4 Reviews

  1. Pierre Andre Theron

    Gaan probeer

    Star
  2. Magda

    Looks delicious

    Star
  3. Vanezza Maasdorp

    Enige plaasvervanger vir die mostert, of Kan ek dit uit skakel?

    Star
    • Hi Vanezza Ongelukkig nie3, dit gee ‘n baie unieke smaak aak die mayonnaise. Jy kan dit probeer uitlaat maar dan sal jy maar moet proe en aanpas. Ek stel voor jy kry maar eerder die mosterd.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5