MARMELADE BROODJIE
- 120 g margarien
- 100 ml bruinsuiker
- 5 ml vanilla geursel
- 2 jumbo eiers, geklits
- 300 ml bruismeel
- 5 ml bakpoeier
- 90 g marmelade konfyt
- 45 ml volroom melk
Voorverhit die oond tot 160°C.
Spuit ‘n broodpannetjie met kleefwerende sproei.
Meng die margarien en suiker met die agterkant van ‘n lepel tot goed gemeng.
Voeg die vanilla geursel en geklitste eiers by en meng weer goed deur, totdat alles gemeng is.
Voeg die meel en bakpoeier by die botter mengsel en roer tot ‘n stywe deeg vorm.
Voeg die marmelade en melk by en roer tot ‘n dik slap deeg vorm.
Giet die beslag in die gesmeerde broodpannetjie en bak vir 50 – 60 minute tot goudbruin en deurgaar.
Laat ‘n paar minute afkoel in die pannetjie voor die broodjie uitgekeer word.
Resep en foto: Johan Rossouw