MARIANNE SE BIEFBLOKKIES
Ek kook uit my kop uit.
- ± 600 g biefblokkies
- 1 ui, skywe gesny
- ½ van rooi en groen soetrissie elk, gekap
- 1 koppie rooiwyn
- 1 blik tamaties
- sout, peper en kruie, na smaak
Verbruin die vleisblokkies in olyfolie saam met die ui en groenrissies.
Plaas alles in ‘n oondvaste bak saam met die rooiwyn, tamaties, sout, peper en kruie.
Bedek en bak vir ± 2 ure op 200°C.
Sny groente van jou keuse op in ewe groot blokke, drup olyfolie oor, geur met sout en peper en bak 45 min langs die vleisgereg in die oond tot gaar. Bedien saam met die vleis en ‘n stysel van jou keuse.
Resep en foto: Marianne Nel