Your Recipe Blog

MALVALEKKER NOUGAT

MALVALEKKER NOUGAT

“Hier is die eindproduk van die mashmallow nougat wat ek gemaak het en ek moet sê dit is baaaaaie maklik, eenvoudig en gou en baaaaie lekker. Ek hou veral van die lekker crisp van die gebreekte amandels wat ek ingesit het. Die resep is baie versitile en jy kan byna enigiets by roer. Ekt al gedink ek gaan dalkies bacon ook traai ☺ .”

  • 300 g klein malvalekkers
  • 1 koppie gebreekte amandels
  • 250 g witsjokolade vlokkies
  • 1 eetlepel botter

Plaas lekkers, sjokolade en botter in ‘n pot of pan, verhit en roer tot alles saam gesmelt en gladde bal mengsel is en nie klonte het nie. Pasop dat dit nie brand nie; dus, moenie te hoë hitte gebruik nie. Roer gekapte neute by. Giet in klein gesmeerde broodpannetjie/s (omtrent ‘n laag so 15 – 20 mm dik). Werk rante mooi gelyk en sorg dat dit oral ewe dik is.
Laat afkoel en plaas in koelkas oornag.
Sny met ‘n fyn, skerp messie al in die ronte aan die kante en kap die plak uit (dit kom maklik uit). Sny in klein happie-grootte blokkies en draai eers met wakspapier en dan met gekleurde papiertjie, wat groot genoeg geknip is, toe.
Bêre in koelkas of op spensrak in ‘n lugdigte houer.
Note
Jy kan enigiets by die mengsel voeg, soos stukkies geknipte jellie-lekkers of rooi, geel of groen geknipte kersies – die keuse is joune.

Resep en fotos: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page