Your Recipe Blog

MALIKE BROODDEEG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute

MALIKE BROODDEEG

  • 500 g (4 koppies) koekmeel
  • 10 g (1 pakkie) kitsgis
  • 5 ml (1½ teelepel) sout
  • 375 ml (1½ koppie) louwarm water
  • 125 ml rosyne, opsioneel

Meng meel, gis en sout in ‘n mengbak.
Plaas in ‘n ander mengbak water en meng net die helfte van die meelmengsel daarby sodat dit ‘n slap deeg vorm.
Voeg nou lepelsgewys die res van die meelmengsel by, sodat dit ‘n hanteerbare deeg vorm terwyl jy die hele tyd meng en knie.
Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlakte en knie vir 10 min tot glad en elasties.
Sit die deeg in ‘n skoon bak wat met ‘n lagie olie gesmeer is.
Smeer die deeg ook liggies met olie.
Bedek met ‘n doek of kleefplastiek.
Plaas dit op in warm plek sodat dit kan rys (ongeveer dubbel).
Bak op 180ºC vir 1 uur of tot die brood hol klink wanneer jy daarop klop.
Keer uit en draai toe in ‘n doek om af te koel.

  • Die deeg kan ook gebruik word vir:
  • Pizza
  • Vetkoek
  • Roosterkoek

Foto en resep: Petro Labuschagne

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page