MAKLIKE TUISGEMAAKTE MALVALEKKERS
- ⅔ koppie “corn” stroop
- 1 koppie water (verdeel in 2)
- 2 koppies wit suiker
- 3 pakkies gelatine
- 1 teelepel vanilla geursel
Plaas die 3 pakkies gelatine met helfte van koue water in jou klitsbak.
Laat staan terwyl jy die res van bestanddele, behalwe die vanilla, kook tot 240°C.
Giet die gelatien by en klits vir 9 minute, voeg dan vanilla by.
Ek het ook blou sprinkels bygevoeg.
Le die bak waarin jy dit gaan laat stol uit met kleefplastiek.
Giet die malvallekkermengsel vinnig in die bak en laat rus vir tenminste 3 ure voor jy dit sny. Doop die blokkies in versiersuiker of enige iets anders.
Ek het ook net vir my kind ‘n kersvader malvalekker gemaak.
Resep en foto : Elizabeth Haupt