Your Recipe Blog

MAKLIKE SPEKSOUTTERT

Cook: 40 min

MAKLIKE SPEKSOUTTERT

  • 250 g spek, opgesny
  • 500 ml gerasperde cheddar kaas
  • 10 ml mosterdpoeier
  • 45 ml koekmeel
  • 3 ml sout
  • 500 ml melk
  • 45 ml vars pietersielie, gekap
  • 4 eiers, geklits

Stel oond op 180ºC en bespuit ‘n 28 cm ronde oondbak.
Braai die spek tot gaar en hou eenkant.
Meng mosterd, koekmeel en sout.
Meng so 50 ml van die melk by dit dat dit soos ‘n pasta is.
Roer die res van die melk en die eiers by en klits goed dat daar geen klonte in is nie.
Roer die pietersielie, spek en kaas by die melkmengsel.
Skep in die oondbak en bak 40 min lank of tot gestol.

Nota:
Die tert sak sodra dit uit die oond kom.

Resep en foto: Amanda Austen

One Review

  1. Sam Kruger
    Baie dankie vir die resep! Het dit vanaand gemaak en daar is nie n krummel oor nie. Heerlik verby!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page