MAKLIKE ROOMBROODJIE
- 1 pak gekoopte brooddeeg
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier
- gerasperde kaas
- 250 ml vars room
Maak deeg in bolletjies en pak in oond pot of swartpot.
Strooi soppoeier oor die broodbolletjies.
Gooi room oor.
Strooi kaas oor.
Bak teen 160°C vir 40 min.
Nota:
Ek breek bolletjies los en sny dan in snytjies.
Bron en foto: Chantélle En Ben Saayman
Category: