MAKLIKE PRUTPOTSOP
Heerlike sop in my prutpot gemaak.
- ½ pakkie 4 in 1 sopmengsel
- sout en Worcestersous na smaak
- 3 stukkies beesrib of na smaak
- 1 ui, opgesny
Laat lê die sopmengsel oornag in kouewater.
Vroeg die volgende oggend plaas al die bestanddele in die prutpot, voeg die water by net totdat dit die bestanddele bedek.
Kook op HOOG tot die vleis begin sag word, voeg dan ongeveel nog 2 liter water by en laat kook ongeveer 8 – 10 ure op medium tot dit ‘n heerlike dik sop is. Pas die geurmiddels aan indien nodig.
Geniet!
Resep en foto: Irene En Jacques Spangenberg