MAKLIKE BILTONGTERT
- 1 rol gekoopte broskorsdeeg, behoorlik ontdooi
- 250 g gerasperde Cheddar kaas
- 150 g biltong, sag en fyngekerf
- 4 eiers
- 375 ml room
Smeer oondpan / bak en voer uit met die deeg.
Strooi die kaas egalig oor. Volg op met die biltong.
Klits die eiers in die room en giet egalig oor alles.
Bak vir 1 uur by 180ºC.
Laat staan vir 10 min voor jy bedien.
Nota:
Jy kan ook ander vleis inmeng- soos oorskiet, ham, spek, worsies ens.
Resep geplaas deur Karena Profe Bosdorf
Foto: Elsie Jacobs Dreyer