Your Recipe Blog

MAKETAANSTUKKE MET VARIASIE

MAKETAANSTUKKE MET VARIASIE

Resep en foto: Hilda Harvie

  • kalkwater: 15 ml/1 eetlepel kalk op 3.4 liter water
  • 6.8 liter water vir elke 3.5 kg stukke
  • Sny maketaan in ringe, die breedte wat die stukke moet wees soos verkies.
  • Sny dan die sagte deel uit en los die harde deel vir die stukke, ook in die dikte wat nodig is.
  • Skil nou die groen skilletjie dun af.
  • Prik elk langwerpige stuk met vurk of kapper baie goed, al die wit dele moet deurskynend wees.
  • Sny dan in blokkies soos verkies en maak seker stukkies is deeglik geprik.
  • Week oornag in kalkwater (15 ml/1 eetl. kalk op 3.4 liter water). Ek gebruik so 6.8 liter water vir elke 3.5 kg stukke.
  • Volgende oggend dreineer water af en spoel BAIE goed af onder koue water.
  • Kook nou stukke in kokende water vir omtrent 15 minute todat stukke mooi helder kleur het.
  • Maak stroop: Vir 3.5 kg vrug:
  • 15 koppies suiker
  • 15 koppies water
  • 12 eetlepels suurlemoensap
  • gemmer (Ek kap my gemmer met kombuishammertjie en bind dit toe in ‘n sakkie wat ek sny uit net)
  • 1 teleepel sout
  • Kook alles saam tot die goed borrel en gooi die stukke een vir een in kokende stroop.
  • Stroop moet aanhoudend kook terwyl stukke ingegooi word.
  • Kook tot stroop lekker dik is en doen die pieringtoets in vrieskas met stroop.
  • Gewoonlik as die stroop so geel skuimpie maak dan raak dit gaar. (ondervinding)
  • Laat staan vir ‘n rukkie tot ergste stoom af is en bottel.
  • MAKETAAN MET PYNAPPEL
  • 3.5 kg gemaalde maketaan – 1.5 kg gemaalde pynappel
  • knippie sout
  • 10 eetlepels suurlemoen
  • 3.750 kg suiker (375 gr vir elke 500 g vrugte)
  • Gebruik die binneste sagte deel van Maketaan.
  • Haal pitte uit en maal dit. Ek gebruik die Twister, dit werk die beste.
  • Vir elke 3.5 kg gemaalde maketaan, gooi 1.5 kg gemaalde pynappel by.
  • Kook saam vir 15 min met 2 koppies water in.
  • Voeg ‘n knippie sout en 10 eetlepels suurlemoen by.
  • Kook totdat die kleur mooi ligte caramel is en toets ook in die yskas (pieringtoets).
  • Bottel warm en maak seker lugborrels is uit voor toemaak.
  • Hierdie Maketaan het 25 kg geweeg en het 47 botteltjies gelewer. Het een van 41 kg so 3 weke gelede gedoen en het 98 botteltjies uit hom gekry.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page