Your Recipe Blog

MAKETAANKONFYT

MAKETAANKONFYT

Maketaan, harde werk. Maar ai dit bly darem ‘n groot lekkerte.
Met Liefde uit Namibië.

Voorbereiding:
Sny die waatlemoen in lang stywe. Skei die snye van die kroon gedeelte.
Verwyder alle sagte gedeeltes wat aan skywe vassit. Hierdie sagte vleis word later gebruik vir fyn konfyt.
Skil die skywe baie dun af met ‘n groenteskiller.
Prik die skywe baie goed met’ n vurk met skerp tande.
Sny in blokkies en laat oornag in koeksoda oplossing lê.

  • Oplossing:
  • 5 liter water
  • 45 ml koeksoda
  • 1 kg vrugte in 3 x 3 cm blokkies gesny

Spoel die vrugte baie goed af met water die volgende môre en plaas vir 2 ure in koue, skoon water totdat die stukke gekook word.

  • Stroop:
  • 1 kg suiker
  • 6 koppies water
  • 1 stuk vars gemmer

Kook stroopbestanddele stadig saam vir 10 minute of totdat suiker opgelos is.
Plaas stukke in kokende stroop en laat kook sowat 90 minute tot stroop verdik en jou stukke deurskynend dog ferm is. Skakel die plaat af en sit die pot eenkant.
Laat die maketaanstukke oornag in die kastrol staan en bottel die stukke die volgende môre koud.

  • Fyn konfyt:
  • 1 kg vrugte (afval stukkies van die maketaan)
  • 750 g suiker
  • fyn pynappel na smaak
  • heel vars gemmer

Verwyder pitte en sny die vrugte in klein blokkies.
Kook vir sowat ‘n uur vinnig of tot vrugte deurskynend is en die sous verdik het.
Bottel in voorbereide bottels, laat heeltemal koud word, draai deksels op en pak weg.

Resep en foto: Tiesie Jansen van Rensburg

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page