Your Recipe Blog

MACARONS MET KOEKMEEL

Recipe by
Cook: 15 minute

MACARONS MET KOEKMEEL

Hallo julle… ek het lanklaas iets gepost. Ek wil vandag met julle my Macaron resep deel wat met gewone koekmeel gemaak word en nie amandelmeel nie. Dis baie ekonomies en ideaal vir die met neut allergie.

  • 110 g versiersuiker
  • 70 g koekmeel
  • 70 g eierwit
  • 45 g gewone witsuiker
  • knippie sout
  • ½ teelepel vanilla geursel

Sif die versiersuiker en meel saam, hou vir eers apart. Klits die eierwit met die sout saam tot dit begin skuim. Voeg die suiker lepel-gewys by en klits tot punte vorm. Voeg die vanilla by en klits ‘n laaste keer deur.
Voeg die versiersuikermengsel by en begin dit invou by die eierwitte. Hou aan invou tot die mengsel van spatula afloop in linte. Op die stadium kan die mengsel verdeel word en kleur kan begevoeg word.
Trek op bakpapier R5 grote sirkel en plaas mengsel in ‘n spuitsak. Spuit reg van bo met ‘n eweredige druk totdat die sirkel gevul is.
Stamp die bakplaat 3 keer op ‘n tafel om die lugborreltjies na bo te laat kom en prik hulle met ‘n naald of speld.
Laat die panne staan op ‘n tafel vir ongeveer 30 minute totdat die bokant uitgedroog is. (Voel aan die bokant met vingerpunt, indien droog en geen mengsel vasklou nie, is dit reg)
Bak vir 15 min teen 150°C. Verwyder van oond en laat afkoel.

Nota:
Die macarons kan nou gevul word met enige iets wat jou hart begeer.
Ek het net gewone botter versiersel gemaak wat ek met lemmetjie sap en suurlemoenskil gegeur het.

Aan die begin lyk dit redelik styf maar dit moet geroer word tot dit soos ‘n lint aan die agterkant van jou lepel afloop en jy ‘n 8 kan vorm met die lint wat afloop. Die 8 moet moet geleidelik wegsmelt in die ander deeg in.
Daar is nog te veel lug in die mengsel dis hoekom hulle so rond is soos skuimpies amper.

Resep en foto:  Willem Bierman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page