Your Recipe Blog

MAALVLEISROL MET STASIESOUS

Recipe by
Cook: 60 minutes

MAALVLEISROL MET STASIESOUS

  • 300 tot 400 g maalvleis
  • 4 tot 5 snytjies brood, tot krummels gemaak in voedselverwerker
  • 1 eier
  • bietjie fyn naeltjies
  • sout en peper na smaak
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 2 eetlepels blatjang
  • 1 pakkie beesstert soppoeier
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 1 klein knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 rol skilferkorsdeeg
  • geklitste eier en melk, vir oorsmeer

Meng alles goed deur.
Plaas maalvleis op ‘n rol skilferkorsdeeg wat effens groter uitgerol is.
Rol toe, smeer geklitste eier en melk mengsel oor en steek paar gaatjies bo in die rol vir die stoom om te ontsnap.
Plaas die rol met die oorslag kant onder op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak by 180°C vir om en by 1 uur.

Vir die sous:
https://yourrecipeblog.com/recipes/spoorweg-stasie-se-bruinsous/

Resep en foto: Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page