MAALVLEISPASTEI
- Maalvleis:
- 2 uie, fyn gekap
- olie
- 250 g knopiesampioene, opgesny en opsioneel
- 700 g maalvleis
- 2 – 3 tamaties, ontvel en fyngekap
- 10 ml Worcestersous
- 15 ml druiwe asyn
- 30 ml tamatiesous
- 40 ml blatjang
- 30 ml tamatiepasta
- sout en peper, na smaak
- Kors:
- 250 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 1 eiergeel
- ± 110 ml melk
- Ekstra:
- 1 eierwit, vir bo-oor verf
Voorverhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n oondvaste bak van 20 x 20 cm met kleefwerende kossproei.
Soteer die ui in olie tot sag en deurskynend. Voeg die sampioene by en roerbraai tot effe verbruin.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.
Voeg die tamaties, Worcestersous, asyn, tamatiesous, blatjang en tamatiepasta by.
Geur met sout en peper na smaak.
Verlaag die hitte en laat prut so 10 min lank. Skep uit in voorbereide bak.
Sif die droë bestanddele vir die kors saam in ‘n mengbak. Voeg net genoeg melk by om ‘n sagte hanteerbare deeg te vorm.
Rol die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Plaas bo-oor die maalvleismengsel en druk die kante vas.
Verf die deeg met geklitse eierwit.
Bak 30 min lank of tot die kors gaar en goudbruin bo-op is.
Resep en foto : Amanda Austen