Your Recipe Blog

MAALVLEIS- EN PAPROL

Recipe by
Cook: ongeveer 45 minute

MAALVLEIS- EN PAPROL

As man pap en wors kan eet, dan kan jy hom so ook maak. (ek wou die een al baie lankal probeer)

  • koue stywe pap, gemeng met gebraaide tamatie en uiesmoor
  • 500 g maalvleis en skaapstervet
  • ½ eetlepel sout
  • ½ eetlepel koljander
  • ½ teelepel peper
  • ¼ teelepel roosmaryn,
  • ¼ teelepel fyn neutmuskaat
  • 2 eetlepels Worcestersous

Meng die maalvleis en speserye goed deur. Sit eenkant neer.
Plaas die maalvleis op waspapier of “glad wrap” en rol plat ± 1 cm dik.
Meng die pap met die smoor. Vorm in ‘n rol en druk goed vas.
Plaas die paprol op die maalvleis, en rol die paprol toe in die maalvleis sodat die pap in die middel van die rol is en heeltemal bedek is. (Sien foto’s)
Plaas die maalvleisrol in ‘n oondbak met die naat na onder.
Bak in die oond op 200˚C vir ± 45 minute.
Saggestoomde blomkool is daarby gepak, en saam gebak met die vleisrol.
Wanneer die rol gaar is, laat rus ‘n rukkie en sny in skywe.
Dan gooi man daai sous sommer oor alles…en geniet

Resep en foto’s: Stefaans Blaauw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page