MAAK ‘N LAS BROODPOEDING
- 8 snye brood, korsies afgesny
- 3 eetlepels botter
- 125 ml suiker
- 4 eiers, geklits
- 1 liter melk
Sny brood in groot blokke en rangskik in oondskottel. Strooi suiker oor. Smelt botter en voeg melk by. Verhit tot melk en botter meng.
Voeg by geklitste eier terwyl aanhoudend geklop word. Giet oor brood en suiker en laat 5 min staan. (melk moet gestol wees)
Bak in matige oond vir ongeveer 40 minute.
- Bolaag (Berei terwyl mengsel bak)
- Meng in menger:
- 1 koppie botter
- 2 koppies suiker
- 2 eiers
- 2 teelepels vanilla geursel
Skep oor broodmengsel sodra uit die oond gehaal word en bak verder vir 20 min.
Die poeding is nogal soet.
Geplaas deur Hettie Theunissen
Foto: Johan Westenberg