LUGBRAAIER “VETKOEK”
Ek is nie 1 wat sommer nuwe dinge probeer nie, maar vanmiddag toe dink ek, ek gaan ook die vetkoek storie in die “airfryer” probeer. Moet sê, ek is nogal baie beïndruk met dit.
- 4 koppies koekmeel
- 15 ml suiker
- 3 ml sout
- 1 pakkie kitsgis
- 400 ml louwarm water
- 30 ml olie
- ekstra olie om te verf
Meng die droë bestanddele saam in ‘n mengbak en voeg die water en olie by.
Knie die mengsel met jou hand totdat dit ‘n hanteerbare deeg vorm.
Plaas die deeg in ‘n meelbestrooide bak of skottel, bedek die skottel en laat rys tot dubbeld die volume.
Keer die deeg, nadat dit gerys het, uit op ‘n oppervlak en druk dit plat met jou hand.
Verdeel die deeg in 8 ewegroot stukke.
Vorm soos verkies en plaas die vorms eenkant (bedek) om te rys.
Verf die deegvorms, nadat dit gerys het, aan albei kante met olie.
Voorverhit die “airfryer” tot 180ºC.
Plaas die deegvorms in die “airfryer” vir 10 minute by 180ºC, draai die vorms na 5 min om en smeer weer met olie.
Nota:
Elke keer voor ek die vetkoeke draai, smeer ek dit met olie en weer wanneer ek dit gedraai het.
Resep en foto: San-Mare Joubert Fourie