LUGBRAAIER BRUSSELSE SPRUITE
- 400 g brusselse spruite, in die helfte gesny
- 50 ml olyfolie
- sout en peper na smaak
- 50 g gerasperde Parmesaan kaas
Meng die brusselse spruite met die olyfolie, sout en peper.
Lugbraai vir 10 minute by 200ºC en nog 10 minute by 170ºC.
Sprinkel die Parmesaan kaas bo-oor en braai vir nog 5 minute by 170ºC.
Resep en foto: Ilze Jacobs
Category: