LIEZL SE OEPSIES
Hmmmmmm.
- 1 pakkie repies spek
- 1 pakkie soet kersies
- ‘n bietjie Jimmy sous
Ryg eers die spek se punt op ‘n stokkie gevolg deur ‘n kersie.
Vou dan die spek halfpad om die kersie en herhaal die proses.
Ons het die spek dubbeld oor die lengte gevou en dit so opgeryg.
Smeer ‘n bietjie Jimmy sous oor die oepsies.
Braai op die kole tot spek goudbruin en krakerig is.
Resep: Liezl Louw
Foto: Gideon Louw